|
|
We honestly cannot thank Henk enough for his amazing help on our wedding day. Henk went above and beyond and ensured it was a great success! Our friends and family were dancing the entire night
away and it was just one great hit after the other. We truly appreciate you and wish you all the best! Everyone should book DJ Henk for their wedding 100%!!!
Tim and Arielle - Kwalata Game Lodge
|
|
|
Musiek is beslis een van die dinge wat 'n troue maak of breek en almal se terugvoer van die troue was oorweldigend positief!!!
Ons self is nie groot dansers nie, maar te oordeel aan die dansbaan wat altyd vol was, was jou musiek beslis 'n treffer. So dankie vir die ekstra myl wat jy stap en dat jy jou kliënte
se dag ekstra spesiaal maak. Jy is regtig 'n DJ wat ek vir enige iemand sal aanbeveel! Mag God jou besigheid in die toekoms in oorvloed seën.
Robert & Eilda - Cussonia Crest
|
|
|
Ongelooflik dankie vir jou besonderse diens! Ek sal jou definitief aanbeveel vir enige iemand. Jy het 'n ongelooflike goeie werk gedoen! Die musiek is 'n groot deel van 'n troue.
Alles het so mooi vlot verloop en die musiek het 'n ongelooflike goeie atmosfeer geskep op die dag. Dankie dat jy jou werk so goed gedoen het en nog "above and beyond" gegaan het
om die dag so spesiaal te maak!
Jacques & Maryke - Oxbow Country Estate
|
|
|
It is unusual to find someone who has the ability to connect with his clients on a personal basis and to deliver a very professional service. We would like to thank Gauteng DJ for exactly that
- great service and professionalism. Due to time restrictions we weren't able to see him in person until the day of the wedding, but we communicated via email what we had in mind, and on
the day it was exactly what we intended. He has an incredible ability to adapt to the needs of his clients while having the presence of mind to give sound advice where it is needed.
This is also a testament to his patience and willingness to help, because the changes we made just before the wedding started was no problem for him. He made sure that the whole evening
run smoothly and his communication with the MC's and other guests was great. With all of this in mind it is incredible to think that he did so much for us, but remained in the background.
We were privileged to have had your service.
Japie & Anke - Riverside Castle
|
|
|
The last thing you want to worry about on your wedding day is the music and with Gauteng DJ we didn't have to worry about a thing. He is incredibly professional, feels the vibe and crowd really
well and he does so much more than just play music. Thanks!
Jeffrey & Zelmarié - Oxbow Country Estate
|
|
|
Ons wil weereens vir jou baie dankie sê vir jou fantastiese diens! Jy was 'n uitstekende DJ wat ons gaste perfek opgesom het en 'n wye verskeidenheid musiek gespeel het om by almal se
smaak te pas. Om 'n troue van oorsee af te reel was 'n groot challenge, veral om die regte service providers te kies sonder om hul te ontmoet. Maar jy het dit vir ons so maklik gemaak met
ons Skype sessie, waarna ons geweet het dat ons die regte keuse gemaak het. Jy het ons verwagtinge by verre oortref. Baie dankie!
Neil & Amelia - Zambezi Point
|
|
|
'n Absolute fantastiese DJ en niemand kan verkeerd gaan deur hom te skakel vir hulle funksie nie. Sy musiek keuses was perfek en sy musiek lys het al die nuutste treffers ingesluit.
Almal wou weet waar ons hierdie "gem" opgespoor het. Dan as 'n ekstra is sy gaste foto's nog amazing ook en 80% van die mense wat by die troue was het dit klaar as hulle profile foto iewers op.
As jy op Gauteng DJ besluit as jou DJ gaan mense nog lank na die funksie jou vra vir sy nommer. Bitterlik baie dankie, ons kon nie 'n beter DJ gekies het nie!
Willem & Carisa - Afrikaanse Hoër Meisieskool
|
|
|
WOW!!! What a great DJ! You accommodated all our guests - all ages and era, the guests could not get off the dance floor. Your personality
was vibrant and full of energy right to the end. The pictures and videos are amazing and you captured the fun and enjoyment of everyone.
Thank you for an amazing vibe you created. Many thanks and I am sure we will be calling you in the future for another great DJ!
Paul and Leanne - Kwalata Wilderness
|
|
|
Beste DJ!
Dit was baie lekker om saam jou te werk! Jy het dit baie maklik vir ons gemaak van die begin af en jy het ons so 'n groot guns gedoen
om gratis vir ons video te doen van seremonie en onthaal! En die gaste foto's is pragtig! Baie dankie vir professionele en uitstekende diens en
dat jy moeite gedoen het om ons as paartjie op te som en so die regte musiek vir ons te speel. Baie dankie en groete, ons sal jou definitef aanbeveel!
Charl en Marguerite - Oakfield Farm
|
|
|
Ons wil net baie dankie sê vir goeie diens van die begin af. Als was net reg en geen probleem nie, al ons songs wat ons gevra het is
op die regte tyd gespeel, selfs die dansvloer was nie een keer leeg nie. Dankie weereens vir goeie diens ek kan jou aan enige iemand voorstel!
Hendrik en Carine - Olive Mystery
|
|
|
Hi daar!
Baie, baie dankie vir die wonderlike diens wat jy op ons troue gelewer het. Ons het die musiek baie geniet! Ons kry so baie komplimente van die
gaste, hulle was mal oor die musiek! Ons sal jou aanraai sover as wat ons kan!
Henro en Priscilla - Ingaadi
|
|
|
Baie dankie vir die proffesionele en vriendelike diens wat jy gelewer het op ons troue. Jou musiek keuses en klank was uitstekend.
Ons het vele komplimente gekry vir ons DJ en ek glo jy sal n paar navrae kry vir funksies van sommige gaste. Nogmaals dankie!
Christo en Lindy - Ekudeni
|
|
|
Wow woorde kan nie beskryf hoe spesiaal jy ons dag help maak het nie... Jy het ons dag onvergeetlik gemaak jou musiek keuses was perfek!!! Baie baie dankie!!!
Werner en Mariana - Valley Lodge
|
|
|
Ons wil net baie dankie sê dat jy ons troue so stunning gemaak het met die goeie musiek wat jy gespeel het!! Jy is regtig nog die beste DJ wat
ons ontmoet het. Die musiek was nie te hard of te sag nie. Die musiek keuses was perfek en die rookmasjien en ligte was stunning!! Ons gaste het
ook baie komplimente gehad vir jou. Ons sal jou enige tyd vir ons vriende aanbeveel!! Weereens baie dankie!!
Corrie en Hantie Jansen - Zambezi Point
|
|
|
Baie dankie vir die lekker musiek wat jy gemaak het op ons trou dag. Jy doen werklik extra moeite om jou kliente te vrede te stel en jy het werklik almal beindruk.
Jy het dit 'n onvergeetlike aand gemaak. Hou so aan! Ons sal jou definitief vir vriende en familie aanbeveel. Baie baie dankie!
Carel en Cindy - Zambezi Point
|
|
|
Thank you so much for all your help and great music!. It helped us a lot because of our night shoot. Thank you for playing the mix of music
that we needed and it was absolutely magical because of it. Everyone enjoyed the music. Thank you once again for everything, Herman and I really appreciate it.
Herman en Candice - Zambezi Point
|
|
|
Baie dankie vir die wonderlike diens wat jy gelewer het. Die musiek was amazing ons het jou reeds vir al ons vriende aanbeveel.
Almal was mal oor die musiek en hulle sê dit was die beste troue waarby hulle ooit was en jou musiek is beslis een van die redes hoekom.
Weereens baie dankie hou so aan. Jy was PUIK!
Stefan en Ilismé - Zambezi Point
|
|
|
Thank you so much for making our wedding so amazing - your service was outstanding from the first day we met till the wedding day, your friendly
and professional service made the night magical and all our guests complimented us on our music and our DJ - you made our dreams become a reality!
Also thank you for the lights - it really created such an amazing atmosphere. We will recommend you as the best wedding DJ ever!
Cindy and Bella - Willow View Lodge
|
|
|
Baie dankie vir jou uitstekende diens en musiek wat jy by ons troue gespeel het. Jy het die dag soveel meer spesiaal gemaak, jy het die "crowd" goed
opgesom en presies hul musiek smaak gespeel. Ons beveel jou enige tyd vir mense aan!!
Ulrich en Melishe - Moon And Sixpence
|
|
|
Soos enige bruid wou ek baie graag gehad het dat ons spesiale dag vlot sou verloop en dat al ons gaste 'n lekker tyd sou hê.
Ons DJ het seker gemaak dat ons nie hoef te bekommer oor die musiek nie sowel as om ons gaste te entertain met lekker musiek!
So baie dankie vir jou bydrae tot ons troue - ons waardeur dit so baie en ons is bly dat al ons gaste net so mal was oor jou :)
Amazing waarde vir geld - beste DJ in Gauteng by verre!!
Vincent en Lenel - Avianto
|
|
|
Baie dankie vir jou profesionele diens, jou hulp en vriendelikheid was tops gewees, ons het almal lekker gekuier en gedans op jou goeie musiek.
Sal jou verseker aanbeveel!
Etienne en Annecke - Green Leaves
|
|
|
Een van die diensverskaffers waarop ons regtig kon staat maak! Jy het dadelik besef wat ons verwagting was en dit deur en deur oortref!
Dankie vir jou uiters professionele benadering asook jou ongelooflike diens, dit het voorgekom asof jy heeltyd 100% in beheer was omdat dit
die werklikheid was. Jy het die ekstra myl gegaan om ons dag besonders te maak en daarvoor wil ons jou graag bedank. Ons kan jou met die grootste
vrymoedigheid aanbeveel!
Jacques en Wilmare - Isiphiwo
|
|
|
Baie dankie vir die pragtige musiek! Dit het dinge net soveel meer spesiaal gemaak. Almal praat net van die amazing DJ wat by ons troue was, die mense kan
nie uitgepraat raak daaroor nie. Dit was n stunning aand en jou musiek was vir absoluut almal. Ons het dit baie geniet. Weereens vreeslik baie dankie vir alles.
Thinus en Madelein - Y Di Dorp Yt
|
|
|
Thanks vir die amazing musiek by ons troue by Oxbow Country Estate in Januarie. Ek en Chantelle en ons gaste het dit baie
geniet en kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike DJ nie !!! Ons waardeer ook die video wat jy gemaak het en kan nie wag om daarna te kyk nie.
Groete uit n baie nat en koue Engeland.
Philip en Chantelle - Oxbow Country Estate
|
|
|
Jy het ons aand onvergeetlik gemaak!! So baie dankie vir jou goeie diens, bereidwilligheid om altyd te help en al die ekstra moeite
wat jy gedoen het om ons dag spesiaal te maak. Jou musiek, beligting en klank was topgehalte. Dankie dat ons op jou kon staat maak en dat
alles seep glad verloop het!!
Harm en Jacqueline - Thaba Ya Batswana
|
|
|
Dit gebeur baie min dat mense iemand ontmoet wat jy dadelik sommer deel van jou vriendekring wil maak en dit is presies wat die eerste dag gebeur
het met ons ontmoeting. Dit was die eerste diensverskaffer waar ek en Engela met volkome gemoedsrus weg gery het. Jou vlak van proffesionaliteit
het alle verwagtinge oorskryf, vriendelikheid, leiding en jou kennis van musiek is verstommend. Ons het soveel positiewe terugvoer van ons gaste
ontvang t.o.v. jou organisasie by ons troue, nie eens te praat van die pragtige video wat jy vir ons gemaak het nie. Almal was
verstom oor die reuse diens wat jy lewer. Die feit dat ons nou reeds getroud is dra dus by tot my volgende stelling. Jy is hopeloos te goedkoop!
Ek soek die persoon wat jou prys en diens gaan oortref. Ons kan jou waarborg dat jy sommer heelwat nuwe funksies vir jouself gereël
het by ons troue. Daar is baie mense wat die briefie gaan lees en dink dat ek nou vreeslik oordryf, maar geensins. Jy was absoluut uitstekend. Ons
het ook reeds 'n ander funksie in die vooruitsig waar ons beslis jou diens sal gebruik. Jy sal beslis moet begin om jou familie in te trek by jou
besigheid. Weereens, verskriklik baie dankie vir jou uitstekende diens, maar die grootste dankie is vir jou vriendelikheid!
Abrie & Engela - Zambezi Point
|
|
|
Ons kan nie genoeg vir jou DANKIE sê nie. Van die eerste korrespondensie tot die trou dag was jou diens uitstekend gewees!!! Ons vriende wat jou
ook gebruik het, was sooooo tevrede gewees. Nou kan ons dieselfde sê! Dankie dat jy die musiek en toesprake so goed hanteer het. Ons was nie vir
'n oomblik bekommer daaroor nie, want ons het geweet dis in jou ongelooflike bekwame hande! Ons gaste kan nie ophou praat van ons stunning DJ nie!
Ons het baie komplimente gekry oor watter lekker troue dit was, hoe lekker hulle gedans het en dit geniet het! Daarvoor kan ons net vir jou dankie sê!
Wees verseker ons sal jou enige dag aanbeveel! Jou diens en die persoon wat jy is, is regtig wonderlik in ons oë! 'n Inspirasie vir ons elkeen om 'n
passie te hê vir dit wat jy doen! Mag jy baie ryklik geseën word elke dag! Uit ons harte uit, duisende dankies!
Henk & Joalize - Bushveld Pond
|
|
|
Jou musiek het almal die hele aand op die dans vloer gehou en ons het al 'n hele paar mense na die troue gehad wat praat van ons goeie DJ!
Wil net sê ongelooflik baie dankie vir ons funky video, was so lekker om na dit te kyk en dan ook baie dankie vir jou vriendelikheid en awesome diens!!!!
Baie baie dankie, sal jou enige tyd weer gebruik!!!
Regard & Hetty - Zambezi Point
|
|
|
Jy is ongelooflik professioneel. Die musiek was spot on! Ons sal jou aanbeveel vir enige funksie. Baie dankie vir 'n baie suksesvolle troudag, dis beslis te danke aan jou!!!
Jacobus & Lindi - Isiphiwo
|
|
|
Het by Farm Inn getrou. Gauteng DJ was ons DJ en dit was ongelooflik lekker! Jy ken van 'n lekker party!
Baie, baie dankie! Awesome mix - almal het heel aand gedans!
Juan-Ré en Lezandra - Farm Inn
|
|
|
Hiermee wil ons vir jou ongelooflik dankie sê vir jou puik diens by ons troue. Die musiek wat jy gespeel het, het seker gemaak dat die dansvloer heeltyd vol was.
Die "clips" met die heildronke was so "cool" gewees, jy het almal lekker laat lag. Jy het voorwaar ons verwagtinge oortref en ons sal jou as DJ vir almal aanbeveel.
Weereens dankie vir 'n onvergeetlike aand, ons kon nie vir 'n beter DJ gevra het nie, alles was perfek!
Eon & Marlize - Farm Inn
|
|
|
Ons wil net weereens vir jou vreeslik baie dankie sê vir jou fantastiese, uitmuntende, algeheel ongelooflike diens op ons spesiale dag!
Ons het jou raakgesien by 'n troue so 3 jaar terug en geweet, jy is ons DJ en intussen vir elke troue aanbeveel wat ons kon. Ons is so bevoorreg om jou deel te kon hê van ons dag,
want daar was nie 'n oomblik wat mense nie gedans het nie. Dit was regtig die cherry op die alreeds hengse koek van verwagtinge wat jy oortref het. Baie baie dankie vir jou passie vir jou werk wat so duidelik is.
Ons sal aanhou om jou aan te beveel en hopelik sien ons jou sommer gou weer by 'n troue raak.
Chris & Lindsey - Forum Homini
|
|
|
Wil graag dankie sê vir alles wat jy gedoen het vir ons troue en die ekstra myl wat jy gegaan het om die liedjies te kry wat ons wou gehad het. Ons het dit verskrilik baie waardeer.
Die musiek was fantasties en almal was baie beindruk gewees. Die ekstra ligte wat jy by ons décor gevoeg het was asemrowend en het die finale afwerkings gegee wat ons nodig gehad het.
Kan maar net honderd maal dankie sê dat jy ons aand so spesiaal gemak het. Sal jou aan enige iemand wat wil luister aanbeveel.
John & Terine - Bayete Estate
|
|
|
Thank you so much for the wonderful job that you did at our wedding. You went above and beyond all our expectations! We were so impressed with how you arrived at
the venue hours before the ceremony and you were extremely well prepared, with not one, but two laptops full of music. The lights in the reception hall were beautiful.
You played such a great selection of songs and got everyone dancing! And then there is the video you took in the chapel - such a special, extra touch. The whole package is such
amazing value for money, in addition to the personal touch you add to it all. We can't thank you enough for the amazing job you did. So professional, so much fun!! We
will certainly be recommending you to everyone we know! Thank you once again - we could not have asked for a better DJ!
Juan & Claudia - The Hertford
|
|
|
Vreeslik dankie vir jou puik diens! Ons almal het die musiek vreeslik baie geniet. Alles was perfek, musiek vir jonk en oud.
Dankie dat jy die ekstra myl gaan! Al wat ons kan sê is WOW! Gauteng DJ is bo-baas!!!
Niel & Melinda - Lavandou
|
|
|
Thank you so much for our music last night! You are so professional, because your music playlist, volume, lighting, etc were top notch!
People could hear themselves talk, even though others could dance the night away and enjoy themselves. The extra part you put in for the birthday
boy was perfect! We will recommend your services to anyone!
Robert & Lachais - Riverside Castle
|
|
|
We made the mistake of underestimating how big of a role a DJ plays our our big day! Gauteng DJ is not only very cost effective, but is also the ultimate professional!
After our booking was paid, he sent us a full checklist of what one needs to remember at the wedding. He asked us what music we like and dislike, what songs needed
to be played, etc. To our shock he sent us a Dropbox invite, within a week, with all our important songs on it for approval! Our biggest concern was the sound quality of
the songs, I need to emphasize that all songs played were original and perfect quality!! We never even asked him when he is planning to arrive at the venue, but arrived
way in advance to set up.
When I asked him why he does all of these extra services at no cost his simple answer was: "I am at the wedding, I cannot just sit at my table, I want to give my customer
something extra to remember!" I would recommend Gauteng DJ for any event where a DJ is required!! Thanks again from myself and Qanita!!
Stephan & Qanita - De La Mas
|
|
|
We would like to thank you so much for your services on our wedding day and for helping to make it so special. Everything was perfect and the guests
enjoyed the music. You really kept the guests happy and made sure everything ran seamlessly on the day. We would definitely recommend you to anyone
looking for a wedding DJ!
Dean and Courtney - Benedetto On Vaal
|
|
|
Ek en JP wil net 'n kansie vat en jou uit ons harte uit bedank. Jy was FANTASTIES! Ons het soveel fun gehad! Baie dankie vir jou moeite en tyd. Jy het rerig
ons dag meer spesiaal gemaak. Sonder jou het ons defenitief nie so lekker gekuier nie! Baie dankie vir jou! Jy is voorwaarlik baie goed met wat jy doen! Ons kon nie vir 'n BETER DJ gevra het nie!
Baaaaaaaaaaaaaaaie dankie!
JP & Val - La Louise
|
|
|
For our wedding, we made use of Gauteng DJ's services. We were not in Johannesburg prior to the wedding to have a meeting with him, but we never
doubted any part of his services and commitments. He was utterly professional and kept us informed prior to the wedding and during the night. He even made us an
awesome video of the wedding to enjoy when we got back from the honeymoon, which was one of the best surprises. That is something that he just does as an extra
and that is very rare from any supplier.
He really goes the extra mile, whether it is to accommodate an arrangement with the groom to do something special for the bride or adapt his music to suit the
crowd, he knows his stuff. He never said no, his reply was: "I will have a look and come back to you" or "I will arrange it". When we asked him to keep the party
going past the arranged time, he just said "Sure, no problem!". He gave good insights during our discussions because of his mountains of experience. We can recommend
Gauteng DJ's service to anyone that needs a brilliant DJ for a party, gathering, or wedding - he is a star!
Dirk & Chané - Oakfield Farm
|
|
|
Baie dankie vir al die moeite en tyd wat jy ingesit het by die troue. Jy is regtig baie professioneel en jou toerusting en musiek is van 'n hoë gehalte.
Ons en die gaste het die musiek baie geniet, veral toe die dansbaan geopen was. Jy het regtig die ekstra myl geloop en dit het ons troue net soveel meer spesiaal gemaak.
Stephan & Jeané - Diamond Hill
|
|
|
Baie dankie vir die wonderlike diens en dat jy als op tyd gehad het van die begin tot die einde. Dankie vir die ekstra myl wat jy loop vir al jou bruidspare.
Alle bruidspare kan met 'n geruste hart weet dat hul goeie diens vanaf jou sal ontvang en met 'n geruste hart weet als sal mooi verloop. Weereens dankie vir als op my
en my man se troudag in November. Ons was gebless!!
Orlando & Maryka - Imperfect Perfection
|
|
|
So selde kom mens op 'n persoon af wat aan sy kliënte net die beste diens wil verskaf, jy het vir ons die beste en soveel meer op ons troudag gegee! Ons wil jou bedank vir
die ekstra myl wat jy gegaan het vir ons. Ons en ons gaste was die hele aand ge-entertain met die musiek keuses wat jy gemaak het. Van staanspoor af het jy die beste
atmosfeer geskep en dit was vir ons 'n fees om jou deel te kon maak van ons dag. Jy is die beste! Ons sal jou oor en oor en oor aanbeveel! Dankie ook vir die
ekstra goedjies wat jy doen, asook die video wat jy saamstel!
Ettiene & Christelle - Cussonia Crest
|
|
|
Ek was 'n bruidjie in September. Elke bruidjie soek net die beste en verdien ook die beste! Ek het van Gauteng DJ gebruik gemaak om musiek te maak. Ek wil vir elke bruid in Gauteng sê, Gauteng DJ
is DIE BESTE! Hy maak nie net awesome musiek nie, maar hy doen SOVEEL ekstra moeite! Hy het ons huwelikseremonie opgeneem met sy videokamera van begin tot einde en dit was nie eers sy werk nie!
Sy website is AMAZING! Gee aan bruide verskeie liedjie voorstelle wat gebruik kan word, trouprogramme, the works! Ek gee hom 20 uit 10! Amazing! Amazing! Amazing! Julle sal nie spyt wees nie!
Michael & Chané - Zambezi Point
|
|
|
As enige iemand opsoek is na 'n DJ wat uit sy pad gaan is Gauteng DJ die persoon! Ons troue was perfek en ons kon nie vir 'n beter DJ gevra het nie! Baie dankie!
Edwin & Marilize - Cussonia Crest
|
|
|
I just wanted to say a huge thank you for everything you did for our wedding! The music was perfect - everyone was talking about how great it was.
And everyone danced the night away which was amazing. Your service was outstanding and I'll definitely recommend you everywhere. Thank you for all
your help and for patience with all the questions etc as well. Our day was perfect - thank you for contributing towards that!
Ryan & Bronwyn - Engedi
|
|
|
Gauteng DJ is the absolute best! From the moment we connected, he was professional and knowledgeable. With so many moving pieces in coordinating a wedding, it
was wonderful having a DJ that was so proactive, organized and enthusiastic. We really didn't have to worry about a thing. On the day, he certainly
delivered too. He listened to our music preferences and had the perfect soundtrack through dinner and dancing. Afterwards, the only thing me and Zane Sauer
could have wished for to make our night better was a bigger dance floor, as he had it packed with ALL of our guests for the entire night. Outstanding service,
thank you for making our wedding absolutely blissful!
Zane & Anica - Mooiplaatsie
|
|
|
Baie dankie vir die professionele diens. Jy het moeite gedoen om aan al ons versoeke te voldoen. Dankie dat jy die dansvloer heeltyd lewendig gehou het
- die musiek was relevant vir oud en jonk. Ons almal het dit vreeslik geniet en lekker gedans!
Romano & Yolandi - Bell Amour
|
|
|
Die beste keuse wat ons ooit gemaak het!! Gauteng DJ is die beste DJ wat ek al ooit mee gewerk het! Moenie eers verder soek nie, sy diens is briljant!!
Baie dankie dat jy ons trou dag so perfek gemaak het!!!
Jeandrè & Chantelle - Die Poortjie
|
|
|
Baie dankie dat jy ons spesiale aand so stunning gemaak het met die musiek, ligte ens. As ons jou kan rate sal ons jou 110% rate!
Ek kan vir enige een aanbeveel om Gauteng DJ
te gebruik hy is uitstekend in sy werk en vir enige geleentheid! Van ons gaste se kant af kan hul nie uitgepraat raak oor die troue nie - veral ons DJ!
Gabriël & Serela - Altydgoed Wedding Venue
|
|
|
Now that we are back from honeymoon, we can finally sit down to thank our suppliers and you're at the top of the list!
More than the music, you were an absolute pleasure to work with. We truly enjoyed meeting and getting to know you. Thank you for
all of your hard work, talent and artistry with music! We had many comments from our guests on the quality of your DJ service.
Our guests had a wonderful time and we believe that a large part of that was thanks to your selection of music, your equipment
and your excellent lights that sprinkled through to the other side of the river against the trees which looked really AMAZING!
The time we spent with you, planning and discussing our musical tastes was obviously taken on board by you and we thank you
for keeping the crowd jumping. Thank you so much for recommending
Alistair (The Minister) and Yogi (the MC)
to us. They both did a fantastic job as well! We would recommend your service to any bride and groom and please feel free to use
us as a reference in the future!
Shaun & Maxine - River Place Lodge
|
|
|
Ons het na baie DJ's gekyk vir ons troue en jy was van die begin af uiters professioneel en het ons so beÏndruk. Ons is nie vir een oomblik spyt nie!
Almal het vir my kom sê die musiek was fantasties! Die beligting en als wat jy daarmee saam gehad het was met een woord super-super! En dan die videos en
klankopnames wat jy geneem het! Dit is so kosbaar en ons is baie dankbaar daarvoor! Ek sal jou enige tyd vir enige een aanbeveel. Dankie! Ons punt aan jou
is honderd uit vyf!
JP & Leilané - La Rosaleda
|
|
|
Ek wil net baie dankie sê vir 'n great aand! Jou musiek keuses was uitstekend! My gaste kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker die aand was en oor ons DJ wat
sulke lekker dans musiek gespeel het nie. Die dansligte en rook masjien het ook absoluut gesorg vir 'n nice atmosfeer die aand. Die dansbaan was die heeltyd besig
en dit was soooo lekker om te sien my gaste geniet hul gate uit. Ek sal jou defnitief aanbeveel vir enige iemand!
Paul & Desré - Zambezi Point
|
|
|
As ons jou diens kon 'rate', sou dit 5/5 wees! Dankie vir jou puik en professionele diens! Van dag een af, was ons beïndruk. Jy het ons aand gemaak!
Daar is nie baie DJ's van jou gehalte nie. Ons sal jou enige, enige tyd aanbeveel. Puik, puik, puik diens! Baie dankie Gauteng DJ!
Lambert & Mari - Cussonia Crest
|
|
|
Gauteng DJ was truly remarkable in the way he performed his duties. From the first point of contact up to the last minute of the wedding everything
was handled very professionally and it was truly one of the things we did not have to worry about. Looking at weddings in the past, most DJ's do not
know how to read a crowd. However, he was masterful in his art and we thank him from the bottom of our hearts for making our special day all the
more spectacular.
Paul & Lelani - Gabbata Lodge
|
|
|
So almal dink 'n DJ is die ou wat musiek maak en in meeste gevalle is dit net dit! Jy het werklik ons verwagting oortref en jy gaan verseker die extra myl!
Baie dankie vir jou fantastiese diens wat jy vir ons gelewer het, jy het dit regtig vir ons en ons gaste 'n memorable dag gemaak. Ons sal jou verseker vir
enige iemand aanbeveel, want jy weet wat jy doen en jy doen dit vreeslik goed! Mens kan sien dis nie net nog 'n werk vir jou nie, maar jou passie!!!
Jaques & Rozelle - Leopard Lodge
|
|
|
Ons wil net baie dankie sê vir jou goeie diens en al die ekstra goedjies wat jy doen, wat vir jou geen moeite was nie! Van oud na jonk het die musiek geniet en dit het 'n
baie lekker atmosfeer geskep terwyl almal gekuier het. Ons sal Gauteng DJ beslis aanbeveel vir almal!
Chris & Cornize - Zambezi Point
|
|
|
Ons wil net graag baie dankie sê vir al jou moeite met ons troue. Die musiek was amazing! Jy IS regtig die beste DJ! Jy het ons dag ekstra spesiaal gemaak! Dankie vir die
mooi dans fotos, ons waardeur dit verskriklik baie! Almal was gaande oor jou musiek en kan nie ophou praat oor hoe hulle dit geniet het nie!
Reghard & Rochelle - Red Ivory
|
|
|
'n Goeie DJ maak of breek 'n troue en met Gauteng DJ sal jy nie verkeerd gaan nie! Hy lewer 'n puik diens, was op tyd, is betroubaar en ons het heeltemal gemaklik gevoel met hom.
Hy weet presies wat om te speel en daar was nie een ding wat fout gegaan het nie, hy kom voorbereid en bo op alles, het ek vir hom spesifieke instruksies gegee oor hoe ons
inloop liedjie en 1st dance liedjie gespeel moet word en hy het dit perfek gedoen! Doen julself 'n guns en ontmoet hom voor jul troue, dit maak dat julle nie vreemdelinge is
op die dag nie. Beslis waarde vir geld, boek hom en jy sal nie spyt wees nie!
Robert & Beudene - Black Horse
|
|
|
Die DJ stel die mood van jou troue en hy los altyd 'n effek op jou gaste. Daar was nie 'n gas wat nie verbaas en beïndruk was met ons DJ se diens nie.
Hy het voorbereid by die venue aangekom en 'n sms bevestiging van sy aankoms aan my gestuur. Dit was die grootste vreugde om op ons groot dag te weet
dat alles onder beheer is en ALTYD die regte musiek gespeel het (sonder navraag of opvolg by ons). Sy
pakket is spot goedkoop vir al die dienste wat hy lewer. Wragtig waar die beste DJ, wat ons oor en oor weer sal kies. Dis wonderlik om 'n diens te kry,
waar mens kan sien dat die persoon werklik 'n passie het vir wat hy doen! Baie baie baie baie dankie! Jy was waarlik absoluut wonderlik!
'n Geseënde besigheid vir jou vorentoe, ons wens jou al die beste en mooiste seëninge vorentoe!
Marais & Tarien - Green Leaves
|
|
|
DJ kies is een van die belangrikste besluite wat mens met 'n troue moet neem. Die beste keuses wat ons gemaak het met ons troue was verseker om jou as ons DJ te kies!
Jy was absoluut fantasties ons gaste kan 'n maand na die troue, steeds nie uitgepraat raak oor die musiek op die troue nie. Jou betroubaarheid, organisering en respek
wat jy vir elke trou paar het en nie eers gepraat van die tyd wat jy altyd vir ons beskikbaar gestel het om met jou te kom gesels nie. Ons sal jou definitief enige tyd
weer wil gebruik en so ook aanbeveel vir ons vriende. Baie dankie dat jy bydrae gelewer het om ons troudag spesiaal te maak. Jy is die beste en moet aanhou met wat jy
doen, want jy maak 'n reuse sukses en het 'n talent wat baie van ons droom om te hê. Ons sien jou verseker weer in die toekoms!
Jaco & Nicolette - Cussonia Crest
|
|
|
Baie dankie vir jou puik diens! Jy het ons dag net soveel meer spesiaal gemaak. Almal, oud en jonk, het gesê die musiek was uitstekend. My pa het op 'n stadium gevra:
"Waar het julle die DJ gekry? Want die musiek is net perfek!" Jy is profesioneel, tog baie gemaklik. Ek sal jou dienste voorstel aan almal wat vra, want ek weet hulle sal nie spyt wees nie!
Anton & Andrea - Zambezi Point
|
|
|
Ons wil net weereens baie dankie sê vir jou fantastiese musiek wat jy gespeel het by ons troue, jy is die Beste DJ wat ek ken!
Jy was awesome en ons almal het die musiek baie geniet. Sal jou beslis weer gebruik as DJ en mense wat daar was sal jou beslis ook gebruik!
Jacques & Charis - Zambezi Point
|
|
|
Ons wil net weer dankie sê vir jou goeie diens op ons troue. Jy was baie goed voorbereid en alles het vlot verloop. Al jou addisionele ligte en rookmasjien het sowaar
die dansbaan se atmosfeer geskep en almal het die musiek vreeslik geniet. Die gaste is almal so opgewonde oor die foto's wat jy geneem het, dit is defnitief 'n groot
bonus - ons kan ook nie wag om die video te kyk nie. Jou diens en moeite is definitief waarde vir geld en ons sal jou beslis aanbeveel as DJ vir ander. Alles het so mooi
verloop en die kwaliteit van die klank in die kerk was genoeg om mens hoendervleis te gee!
Michael & Annica - Zakopane Country Village
|
|
|
Uitstekende diens! Hy gaan die ekstra myl en is altyd bereid om te help met enige iets. Sy musiek was bypassend by die atmosfeer en hy het seker gemaak die
troue bly lewendig en almal geniet hulself. Ons is ook baie dankbaar vir die videos wat hy neem want dit is soos om 'n ekstra videograaf by jou troue te hê.
Al ons gaste het baie goeie terugvoering gegee oor hom. Weereens baie dankie vir alles!
QJ & Yvette - Zambezi Point
|